Kom kuier Vrydag 20 Oktober om 16:00 saam met die bekende skrywer Marita van der Vyfer in die Paarl-biblioteek by Markstraat 1. Marita, wat tans in die land is om haar jongste roman, Laaste kans, bekend te stel, sal oor haar jongste boek en nog meer gesels. Laaste kans vertel die storie van ’n groep vriende wat vir die eerste keer in vyf en twintig jaar bymekaarkom om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Een vir een maak die gaste hul opwagting by Adriaan en Yvette se strandhuis in die Weskus. Sommige bring hul kinders en die uitbundige gelag van kleinkinders saam. Sedert hulle mekaar laas gesien het, moes party lewensmaats en drome vaarwel groet