Die jong sensasionele Paarlse fietsryer Ethan Kulsen is as Paarl Post se Sportman van die Jaar vir 2022 aangewys. Die 16-jarige Ethan, ’n gr. 10-leerder aan Klein Nederburg Sekondêr, ryg al geruime tyd medaljes vir fietsry in. Vanjaar het hy ’n besonderse goeie jaar op die fietsbaan geniet. Hy het vier titels by die Suid-Afrikaanse baanfietsrykampioenskap opgeraap asook vier goue medaljes by die Afrika-baanfietsrykampioenskap in Abuja, Nigerië, waar hy Suid-Afrika verteenwoordig het. Hy is as Junior Sportman van die Jaar en Skolesportman van die Jaar by die Wes-Kaapse provinsiale prysuitdeling aangewys.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.