Drakenstein Sakekamer se 2024-sake-ekspo vind Vrydag 11 Oktober by die Clay Café op die Groot Parys-landgoed in die Paarl plaas.

Die ekspo bied plaaslike ondernemings die geleentheid om hul produkte en dienste aan die gemeenskap bekend te stel. Toegang vir besoekers is gratis en die ekspo duur van 09:00 tot 16:00.

Uitstallers word genooi om hul ondernemings – groot of klein – ten toon te stel. Dit is die ideale bemarkingsgeleentheid vir nuwe asook gevestigde ondernemings.

Koste verbonde:

. Lede: R500; nie-lede: R800

. Motorhandelaars: R7 500 (drie voertuie)

. Wynplase: R1 000

Borge:

. Hoofborg: R20 000

. Medeborg: R10 000

Borge geniet omvattende bemarking. Uitstalruimte is beperk; bespreek dus vroegtydig.

. Stuur e-pos na info@drakensteinsakekamer.co.za vir meer inligting of besprekings.

You need to be Logged In to leave a comment.