Hierdie groep roeiers van die Paarl-kanoklub is slaggereed vir die 2024-Bergrivier-kanomarathon. Hulle is agter van links (met die aantal Berg-marathonne wat hulle reeds voltooi het, in hakies): Heinrich Schloms (20), Willem de Klerk (1), Prieur van der Merwe (4), Brett Stewardson (0), Gareth Haarhoff (1), Diviano Pietersen (7). Voor: Niklas Tiras (13), Jermaine Pietersen (14), Ansune Basson (5). Afwesig: Charlie Heatlie (11), Jacques Swart (4), Petrus Visser (2), John Stadler (22) en Mynhardt Marais (29). Foto: Adrian Frost


Alles is gerat vir die 62ste Bergrivier-kanomarathon wat komende Woensdag (3 Julie) in die Paarl by die Markstraatbrug begin.

Hierdie kano-wedvaart word wêreldwyd as die vaart der vaarte beskou.

Dit begin in die Paarl en eindig vier dae en 240 km later in Velddrif.

Die wedvaart het vanjaar meer inskrywings teenoor vorige jare met die huidige inskrywings op 99 deelnemers en met ’n beste inskrywing in die vroueafdeling, met 13 vroue wat by die wegspring sal wees, in vergelyking met slegs twee in 2023.

’n Aantal buitelandse roeiers gaan ook die Berg’ aanpak, sowel as die Ierse professionele roeier David Horkan.

Die Berg’ word beskou as een van die wêreld se taaiste kano-marathons

You need to be Logged In to leave a comment.