Die Val de Vie-stigting oorhandig ’n tjek aan Kansa Paarl. Van links is Selwyn Chatz (HUB Chatz Connect/Vodacom4U), Marli van Schalkwyk (Val de Vie-bemarkingsbestuurder), Naomi Philander dienste-koördineerder, Kansa) en Gretchen Minnaar (dienstebestuurder Kansa).


Die Val de Vie-stigting het R100 000 aan Kansa Paarl geskenk wat ingesamel is tydens die 2023 Pink Polo.

Die Pienk Polo 2023 is in Februarie aangebied deur Chatz Connect, met ’n aansienlike opkoms van inwoners van Val de Vie Estate en korporatiewe vennote.

Die Val de Vie-stigting, wat daartoe verbind is om die lewe van almal wat in die Paarl-Franschhoekvallei woon te verbeter, het R100 000 deur die geleentheid ingesamel om aan Kansa Paarl te skenk.

Hierdie geld sal spesifiek aangewend word vir siftingstoetse vir vroeë kankeropsporing by mans, vroue en kinders uit gemeenskappe in die Paarl-Franschhoekvallei.

Deur hierdie inisiatief hoop die Val de Vie-stigting om die gesondheid en welstand van diegene in ons naburige gemeenskappe in nood positief te beïnvloed.

“Ons is verheug dat ons R100 000 ingesamel het met die 2023 Pink Polo om Kansa Paarl se pogings te ondersteun om kankersiftingsdienste aan minderbevoorregte gemeenskappe te verskaf,” sê Marli van Schalkwyk, Val de Vie Groep Bemarkingsbestuurder.

“Die Val de Vie-stigting is daartoe verbind om ’n positiewe impak te maak in die gemeenskappe wat ons dien, en ons is trots om saam met Kansa Paarl aan hierdie belangrike inisiatief te werk.”

Kansa Paarl het dank uitgespreek teenoor die Val de Vie-stigting vir sy ruim skenking en ondersteuning in die verskaffing van kankersiftingsdienste aan minderbevoorregte gemeenskappe.

Kansa Paarl het sy verbintenis tot die bekamping van kanker en bewusmaking oor die belangrikheid van vroeë opsporing herhaal.

Die Val de Vie-stigting en Kansa Paarl moedig die publiek aan om voordeel te trek uit kankersiftingsdienste en om bewus te wees van die belangrikheid van vroeë opsporing in die bekamping van kanker.

. Vir meer inligting oor die Val de Vie-stigting en sy inisiatiewe, besoek www.valdeviefoundation.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article