Vir die jongspan kan drie weke weg van hul maatjies af lank raak.
Verveeldheid skop in en is dikwels die oorsaak van ’n geïrriteerde ouer en ’n moeilike kind. Groenheuwel Biblioteek in Paarl-Oos het vir vakansiegangers ’n vakansieprogram opgestel wat dié probleem sal oplos.
Die program word van 10:30 tot 12:00 deur personeel en vrywilligers by die biblioteek aangebied en kan deur alle ouderdomsgroepe geniet word.
- Vrydag 8 Junie doen die biblioteek vaardigheidsopleiding met die kinders waarna hulle ’n film sal geniet.
- Die kinders kan hulself op Maandag 11 Junie vermaak deur verskeie strukture te bou en te verf.
- Die laaste dag van die program word Dinsdag 12 Junie aangebied. Kinders van alle ouderdomme word uitgenooi om die poppekas te kom kyk.
Moenie hierdie pretweek misloop nie!