Die tyd vir die Junie-skoolvakansie het aangebreek en kinders kan uitsien na hope pret en vermaak.
Biblioteek-lesers van Saron gaan Vrydag 21 Junie ’n boom met sneeu ontwerp. Dit sal van 11:00 af plaasvind.
Op 21 Junie van 10:00 tot 11:30 sal Paarl-biblioteek die jongspan besig hou deur ’n vlieër te ontwerp.
Groenberg-biblioteek se lesers sal 21 Junie van 11:00 tot 12:00 met ’n poppekas vermaak word.
Op 21 Junie van 08:00 tot 14:00 sal Hermon-biblioteek se kinders met verskeie aktiwiteite besig gehou word. Op 21 Junie van 10:30 tot 12:00 sal Groenheuwel voortgaan met sy storievertellings en bordspeletjies.
Wellington-, Mbekweni- en Simondium-biblioteek sal ook 21 Junie verskillende aktiwiteite aanbied. Alle verrigtinge begin om 10:00.
Op 24 Junie om 10:00 by NieuweDrift-biblioteek sal kinders besig gehou word deur boekkaarte te maak.
’n Handgemaakte artikel sal op 25 Junie van 10:30 by die Bergrivier-biblioteek geskep word.
Op 26 Junie om 09:30 bied Klein Drakenstein ’n leeskompetisie vir die jongspan aan.
’n Storievertelling en ’n boekvasvra vind op Maandag 1 Julie by Wagenma- kersvallei plaas.