Noudat die Maart-vakansie aangebreek het, kan leerders weer uitsien na lekker vermaak by Groenheuwel-biblioteek.
Ná storietyd Maandag 25 Maart om 09:30 gaan die maatjies bordspeletjies speel.
Op Dinsdag 26 Maart teen 09:30 gaan almal inkleur en daar sal die storietyd plaasvind.
Op Woensdag 27 Maart gaan die bordspeletjies voort en storietyd vind kort daarna plaas.
Op die laaste dag, 28 Maart, sal ’n werksessie oor vaardighede aangebied word. Dit begin om 09:30. Vir nog inligting, besoek die biblioteek.
As deel van Nasionale Biblioteekweek kan uitstaande boeke tot 26 Maart terug geneem word sonder dat lede ’n boete betaal.