Namate die Desembervakansie al nader kom, is my gedagtes doenig oor my diertjies wat moet bly.
Dan wonder ek – indien ek nog ’n tiener was wat moet tuisbly, sou dit soveel pret wees om ander se wollige babas op te pas en sommer só ’n gerieflike geldjie te verdien.
Vir al die tieners in die dorp, hetsy Paarl of Wellington, Franschhoek of Klapmuts – adverteer jou bereidwilligheid om na vakansiegangers se troeteldiere om te sien; natuurlik teen ’n gepaste fooi.
Onthou om jouself nie met te veel verantwoordelikheid te oorlaai nie, en begin sommer ’n petsitters-klub met maats wat ook in die vakansie in die vallei gaan wei.
Van gemeenskapsgroepe op Facebook is daar geen tekort om solank jou dienste wyd en syd te adverteer nie.
Indien my naastes nie dié guns kan dien nie, sien ek uit na talle gewilliges wat na my twee katte-kinders, Veertjie en Baba-kat, kan omsien terwyl ek teen die agtergrond van die strand, see en samesyn met familie vertoef.
Ek kyk uit vir julle!

