Ultra-atlete van Paarl het verlede naweek aan die Suid-Afrikaanse Duathlon-kampioenskap deelgeneem wat by Midmar-dam in KwaZulu- Natal plaasgevind het. Die duathlon bestaan uit ’n hardloopsessie, gevolg deur ’n fietsrysessie, en dan weer gevolg deur nog ’n hardloopsessie. Die Paarliet Danie Marais (regs) van Cycel4Life het die mansafdeling (50-54 jaar) gewen in ’n tyd van 03:15:10 en Hadley McCormick, ook van die Paarl, het die mansafdeling (60-64 jaar) gewen in ’n tyd van 03:22:33. Danie het algeheel vyfde geëindig.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.