Dis weer tweekamp­seisoen vir o.8’s tot by meesters in die Boland. Hier te sien in die seuns o.11-wedloop by Curro Langebaan verlede naweek. Heel voor is Christiaan Pretorius (Laerskool Paarl Gimnasium), De Wet Baartman en Schoeman Buchner (albei Hugenote Laerskool) wat hardloop so al wat hulle kan. Daar was nog ’n byeenkoms in Bonnievale op 12 November. Die volgende byeenkoms is by Hugenote Hoërskool op 3 Desember. Besoek www.bolandtweekamp.org.za vir meer inligting.