Laerskool Paarl Gimnasium se tweekampatlete het die afgelope naweek puik by die Boland-tweekampkampioenskap presteer. Hierdie span het die goue medalje gewen vir die beste laerskoolspan in die Boland. Agter is Simone van der Merwe (o.13, goue medalje, skolespan), Sebastiaan Scharrighuisen (o.13, skolespan), Mila Scharrighuisen (o.8, bronsmedalje), Thomas van der Merwe (o.11, silwermedalje, skolespan) en Minke Pretorius (o.13, skolespan). Middel: Ryan Viviers (o.11, bronsmedalje, skolespan), Kehara Human (o.13, skolespan), Nathan van Litsenborgh (o.11, skolespan), Anmi Slabbert (o.11, skolespan) en Handré Sabbagha (o.11, skolespan). Voor is Ankia Human (o.9, goue medalje, skolespan). Die twee atlete wat afwesig was met die neem van die foto is Danielle de Villiers (o.13, silwermedalje, skolespan) en Junika Hugo (o.13, skolespan).