Tweekampseisoen in die Boland het goed weggespring, met twee byeenkomste wat reeds by Rûens Kollege in Bredasdorp en by Hugenote Hoërskool in Wellington aangebied is. Josef de Beer (links) en Neil-Willem Büchner (middel) van Hugenote het in die o.19-afdeling op hul tuisbaan goed vertoon en onderskeidelik derde en eerste geëindig. Die volgende byeenkoms is op 9 November 2024 by Worcester Gimnasium. Besoek www.bolandtweekamp.org.za vir meer inligting oor inskrywings en die afstande wat atlete van verskillende ouderdomme (van o.8 tot bo 75 jaar oud) om die baan en in die swembad moet voltooi.Foto: Engela Duvenage


Tweekamp gepas vir jonk . . . en oud

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article