Twee mans is in hegtenis geneem vir die moord op die 4-jarige Tamia Botha van Paarl-Oos.
Kol. Wellington Stephans, Paarl-Oos-polisie se stasiebevelvoerder, het die arrestasie bevestig. Die vermeende verdagtes is onderskeidelik 37 en 40 jaar oud.
Tamia het Sondag (25 September) omstreeks 16:00 vermis geraak nadat sy voor haar woning in Daphnestraat gespeel het. Haar lewelose liggaam is Maandag (26 September) gevind op die perseel van Nederburg Primêr.
Kry die week se Paarl Post vir verdere besonderhede.


