Twee leerders van die Hoër Jongenskool Paarl (HJS) – Hugo Bruwer (senior A) en Mike Wang (junior) – het nie net hul skool nie, maar ook die Wes-Kaap, op 11 September in die jaarlikse interprovinsiale spankompetisie vir wiskunde verteenwoordig.
Beide die junior en die senior span het hul onderskeie kompetisies gewen.
HJS is na afloop van al drie rondes van die Universiteit van Kaapstad se Wiskundekompetisie in die 14de plek algeheel aangewys.


