Twee sterf in ongeluk met brandweerwa

Twee insittendes van ‘n broodwa is dood toe die broodwa in ‘n botsing met ‘n brandweerwa betrokke was. Die ongeluk het op die Bo-dalpad naby Fairyland plaasgevind.


Twee insittendes van ‘n broodwa is dood toe die broodwa in ‘n botsing met ‘n brandweerwa betrokke was. Die ongeluk het op die Bo-dalpad naby Fairyland plaasgevind. Nog drie ander mense is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Hulle toestand is onbekend.

Die brandweerwa was oppad na ‘n brand wat vroeër die oggend in Amstelhof, Paarl-Oos uitgebreek het. 

Die brandweerwa se voorkant het tydens die ongeluk by ’n vierrigting verkeerslig gedraai en omgeslaan en die brandbestryder is glo uit die voertuig geslinger.

Volgens ’n ooggetuie wat sigbaar onsteld was en nié haar naam wou noem nie, het sy omstreeks 10:00 Vrydagoggend die slag gehoor. “Daar was ’n harde geluid. Dit het geklink asof die geluid in my huis was,” het die ooggetuie vertel.

Teen 11:00 was die ongelukstoneel steeds deur die polisie afgesper.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.