Ná ’n twee jaar lange droogte van georga­niseerde langafstandwedlope, was atlete die afgelope naweek verlig toe langasems van heinde en ver weer aan die beroemde Twee Oseane-marathon kon deelneem. Saterdag het die halfmarathonners weggespring, en Sondag was dit die beurt van die uiters uitdagende ultramarathon van 56 km. Links is Paarl se “hardloop-tweeling” Charmaine Viviers en Sandra Nel, wat die ultramarathon suksesvol voltooi het. Charmaine het dit in ’n tyd van 6:16 voltooi en Sandra 6:37. Albei hardloop in die kleure van Paarl-atletiekklub.


You need to be Logged In to leave a comment.