Bruce Thompson van Wellington het Vrydag weer in Paarl-streekhof verskyn op aanklagte van moord en regsverydeling.
Die staat voer aan dat Thompson sy vrou, Magret Kendle, ’n Britse burger, in Julie 2015 in hul huis in Wellington vermoor het.
Hy het destyds self die polisie gebel en ’n verklaring afgelê waarin hy getuig het dat sy ’n oordosis skedule 5-slaappille gedrink het.
Haar oorskot is deur ’n staatspatoloog ondersoek, wat bevind het geen middel wat slaappille se bestanddele bevat, is in haar bloed bespeur nie.
Die lykskouing het wel getoon haar nekwerwels is as gevolg van verwurging gekraak.
Thompson is gevolglik in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly terwyl ’n borgtogaansoek vir etlike dae geduur het, waarna hy op borgtog van R10 000 vrygelaat is.
Intussen het die hof ook gehoor dat hy ’n Australiese paspoort besit.
Die hofsaak het vir jare in die Wellington-landdroshof voortgeploeter en is telkens as gevolg van ’n magdom redes aanmekaar uitgestel.
Verskeie prokureurs het die saak hanteer nadat ander deurentyd om verskeie redes hulle aan die saak onttrek het.
Die saak is in 2021 na die Paarl-streekhof oorgeplaas en het ook daar onder langdurige vertragings gely.
Die bekende strafsake-prokureur William Booth het hom ook intussen aan verrigtinge onttrek.
Die hofsaak is Vrydag weer uitgestel tot Woensdag (14 Desember).
Geen redes vir die uitstel is verskaf nie.
Die hofsaak is nou reeds sewe jaar lank op die hofrol.
In nog ’n voortslepende moordsaak, wat reeds van 2010 af in die hof draai, kom Johan du Toit môre (Vrydag 25 November) in die Kaapse streekhof voor.
Du Toit word van die moord op sy vrou, Chanel, aangekla.
Die voorval het in die kothuis op die plaas waar hulle buite Franschhoek gewoon het, plaasgevind.
Du Toit het destyds aangevoer hy was tydens die voorval waarin Chanel in die kothuis aangeval en verwurg is, onderweg na ’n jaguitstappie.
- Chanel se bebloede liggaam is deur Du Toit se ma in die kothuis op die wynlandgoed gevind nadat hy haar gebel en gevra het om te gaan kyk of sy veilig is.. In another older case, Johan du Toit, who was charged with murder in 2010 after the death of his wife on the wine farm in Franschhoek were they lived, will also appear in court this week. The body of his wife was found in a pool of blood while he was on his way to spend the weekend on a hunting trip.