Twee gr. 6-leerders aan die Hugenote Laerskool het die uitsonderlike prestasie behaal om na die nasionale eindronde van die Oppie-Tong-Af-redenaarskompetisie deur te dring. Mali Louw (foto links) en Helen de Villiers (foto regs) se vlymskerp redenasievermoë het van hulle Wes-Kaapse wenners in hierdie landswye kompetisie gemaak. Met hul raakpraatvernuf het hulle stof in honderde ander deelnemers se oë geskop en ’n plek in die eindstryd, wat in Oktober in Pretoria plaasvind, losgepraat. Om twee redenaars uit dieselfde registerklas, uit dieselfde graad en uit Hugenote Laerskool as provinsiale verteenwoordigers op ’n nasionale platform te hê, is sowaar ’n uitsonderlike prestasie! Die skool is baie trots op hulle.