Theolin Edwards, ’n leerder aan die Laerskool Noord-Eind, het die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse atletiek­kampioenskap vir laerskole deelgeneem. Hy het in die seuns o.12-spiesgooi sowel as die o.12-gewigstoot meegeding. Theolin het ’n goue medalje in albei items verower. Hy is in die Wes-Kaapse atletiekspan opgeneem, wat in die komende vakansie in Limpopo aan die SA kampioenskap gaan deelneem.


Twee goues vir Theolin

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article