Twee atlete van die Laerskool Paulus Joubert het in die 65ste bestaansjaar van die skool geskiedenis gemaak. Hierdie twee atlete het aan die onlangse nasionale kampioenskap in Limpopo deelgeneem en goed presteer. Saskia La Douce (links) het ook die Wes-Kaap in die 100 m verteenwoordig en ’n vyfde plek in die land behaal. Sy was ook lid van die aflosspan, wat die tweede plek behaal het. Sy het ook ’n derde plek verower in verspring vir meisies o.10 en ’n bronsmedalje ontvang. Micgail Engelbrecht (regs) het ook die Wes-Kaapse aflosspan vir meisies verteenwoordig en ’n tweede plek behaal.
Twee blitse maak geskiedenis
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.