’n Klein dorpie en gemeenskap met alles wat daarmee gepaard gaan.

’n Nuwe dominee met ’n gladde kuif en sy oorywerige vrou; ’n kerk se dak wat lek en ’n sangkompetisie om dit te probeer red; ’n soeke na dít wat alle Suid-Afrikaners as hul erfenis sien.

Die Vredesduiwe, ’n TV-fliek, se première is Saterdag 24 September op kykNET (DStv-kanaal 144) om met Erfenisdag saam te val.

Die fliek vertel die verhaal van ’n nuwe dominee en sy eksentrieke vrou wat amok op ’n klein dorpie maak wanneer hulle ’n sangkompetisie vir die Erfenisdag-basaar van stapel stuur.

Neels van Jaarsveld en Amalia Uys is te sien as dominee en mevrou dominee en die res van die rolverdeling sluit groot name in soos Anel Alexander, Jacques Bessenger, June van Merch, David Isaacs, Abduragman Adams, Daneel van der Walt, Ilse van Niekerk, Jacques Theron en Athina Jansen.

Dit sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.