Die Paarl-Oos-polisie is op soek na verdagtes wat Sondag ’n platskerm-TV-stel van ’n bakkie in Chicago gesteel het.
Volgens kapt. Anthony Sauls, polisiewoordvoerder van Paarl-Oos, is die insident by hulle aangemeld. “Polisiebeamptes het na die gesteelde TV gaan soek en dit is later dieselfde dag by die Kudu-woonstelle gekry.”
Tydens die soektog het beamptes verskeie wonings deursoek en in die proses ook op ’n vuurwapen afgekom.
“Dit was ’n gesteelde vuurwapen wat teruggekry is, maar toe dit gekry is, was die vuurwapen stukkend.”
Sauls doen ook ’n beroep op die gemeenskap om na vore te kom met inligting oor waar die verdagtes wat die TV gesteel het, gevind kan word. Die Paarl-Oos-polisie kan gekontak word by 021 877 5900 of skakel die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111.. Paarl East police are looking for suspects who stole a flat-screen TV from a bakkie in Chicago on Sunday.

