Die jaarlikse Tuin van Digters-fees in Wellington hou weer ’n vol program vir besoekers aan die Breytenbach-sentrum in. Verskeie produksies word onderskeidelik Vrydag 15 September en Saterdag 16 September aangebied.
Prof. Ronel Foster, Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert, Danie Marais, Andries Bezuidenhout, Bibi Slippers en Alta van Zyl is van dié wat daar sal wees.
Buiten al die produksies word vermaak vir die kleinspan aangebied.
Skakel 021 873 2786 vir die volledige program, of stuur ’n e-pos aan info@breytenbachsentrum.co.za.