Die Paarlse tegnologie-beginneronderneming Ctrl Technologies het die eerste plek in die 2022- BCX Digital Innovation-toekennings in die kleinsakeafdeling losgeslaan.
Die wenners is verlede week by die Sunday Times- Top-100-maatskappye-geleentheid in Johannesburg aangekondig. Discovery Bank was die wenner van die korporatiewe afdeling.
Die BCX Digital Innovation-toekennings is die eerste keer in 2019 gehou om erkenning te gee aan digitale nuwighede en voortreflikheid in Suid-Afrika.
Ctrl se stigterslede – Pieter Venter, Francois Venter en Pieter Erasmus – het die glansgeleentheid bygewoon en al drie stem saam dat dit ’n hoogtepunt en ’n groot eer is om gekies te word.
“Dit was ’n wonderlike aand waar ons die verhoog met van die land se voorste sakeleiers gedeel het. Dit voel nog onwerklik! Dis ’n uitdaging om ’n plekkie in die korporatiewe wêreld uit te kerf, en dis waarom erkenning soos hierdie so baie vir jong maatskappye soos ons beteken. Ons wens net die hele span kon saam met ons op die verhoog staan, want dit is werklik ’n spanpoging,” sê Pieter Venter.
Ctrl Technologies is ’n sagtewaremaatskappy wat unieke tegnologiese oplossings bied vir die korttermynversekeringsbedryf. Dit word gedoen deur ’n enkele platform wat verbruikers, makelaars/adviseurs en verskeie versekeraars op een plek bymekaar bring.
Ctrl Financial Intermediaries, Ctrl Technologies se sustermaatskappy en eerste “kliënt”, is in 2018 as ’n toepassing van stapel gestuur om versekering te vereenvoudig en goeie raad meer toeganklik vir almal te maak.
Ctrl het reeds talle pryse vir sy toewyding en vernuwing rakende die digitalisering van die versekeringsbedryf gewen. Dit sluit in die “MTN App of the Year: Best Financial Solution” in 2018, “Best Social Impact by die SA Startup Awards” in 2019, en deelname aan die Endeavor en SA “SME Fund’s Local Scale Up programme”.
Ctrl se kantoor is in Workshop17, Tabakhuis, Paarl. . Local tech startup Ctrl Technologies was awarded first prize in the 2022 BCX Digital Innovation Awards SME category. The winners were announced at the Sunday Times Top 100 companies event (sponsored by BCX) held in Johannesburg last week. Discovery Bank was the winner of the Corporate category.


