Cycle4Life ry die naweek weer fiets Langebaan toe ter ondersteuning van die Andrew Murray-kinderhuis op Wellington.

Danie Marais van Cycle4Life sê hulle ry reeds agt jaar lank aan die begin van Desember hierdie roete Langebaan toe.

Die fietsryers het besluit om hierdie geleentheid te gebruik om ’n goeie daad te verrig. Geld ingesamel van inskrywings en ander borgskappe word aan die kinderhuis geskenk. Vanjaar poog hulle om R50 000 in te samel.

Inskrywings kos R450 per fietsryer. Vir meer inligting, kontak Danie per e-pos by danie@cycle4life.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.