’n Verwoestende brand het tragies vanoggend omstreeks 01:00 twee persone se lewens in die informele nedersetting Fairyland in Paarl-Oos geëis. Nog ‘n man wat in dieselfde huis woon, is tans in die hospitaal met ernstige beserings.
Die slagoffers is Denolene Williams (12) en haar oupa, Hendrik Jacobs (in sy sewentigs).
Vernie Demas is ernstig in die brand beseer toe hy en sy vrou Doranda Williams die kinders Gerswin Williams (9), Desiree Williams (4) en jongste Vernocia Williams (2) na veiligheid neem.
’n Familielid, wat gevra het om anoniem te bly, was kortliks daarna op die toeneel. “[Vernie] het gesê hy kon nie vir haar uitkry nie. Ek was hartseer en kwaad gewees. Dit was baie hartseer gewees, want sy was alleen [agter] met haar oupa in die hok gewees. Ongelukkig het die brandweer te laat opgedaag,” vertel hy.
Vernie sterk tans aan in die hospitaal. Sowat 14 ander huise is ook in die brand vernietig. Die oorsaak van die brand is nog nie aan Paarl Post bekend nie.
Lees meer in die komende Donderdag se Paarl Post.