Twee akademiese presteerders, tans in graad 7 aan die Laerskool Paulus Joubert, kan nou kies by watter hoërskool hulle hul akademiese loopbaan wil begin. Hierdie wondergeleentheid is in ’n keuringsproses deur die Moedertaal Ontwikkelingsinisiatief (MOI) se beursprogram aan Kim Jacobs (derde van links) en Elmari Hanekom (naasregs) toegeken. Wat ’n prestasie! Die Laerskool Paulus Joubert is trots op hierdie leerders en gun hulle hierdie uitsonderlike geleentheid wat aan hulle die vlerke bied om groter akademiese hoogtes te bereik. Saam met die leerders is die sameroepers Joseph Titus (links) en Adré van Wyk (regs) by Kenneth Uren (waarnemende skoolhoof), naaslinks.