Top-12-toernooi deur klub se dreigemente ontsier

Die opwindende Boland-Top-12-klubrugby-toernooi het verlede naweek op ’n suur noot afgeskop toe ’n geskorste rugbyklub die Boland-rugbyunie (BRU) met regstappe gedreig het.


Die opwindende Boland-Top-12-klubrugby-toernooi het verlede naweek op ’n suur noot afgeskop toe ’n geskorste rugbyklub die Boland-rugbyunie (BRU) met regstappe gedreig het.

Abbotsdale RFK glo hy is onregverdig getugtig oor geweld wat in Augustus op die tuisveld van Porterville losgebars het. Nadat die skeidsregter die wedstryd gestaak het, het ondersteuners mekaar met bottels en klippe bestook.

Die BRU het die betrokke klubs geskors en Abbotsdale is hiermee uit die Top-12.

Die klub wil hom nou tot die hof wend om die tugproses te laat hersien en te evalueer.

Die BRU het egter teruggekap en in ’n verklaring gesê hy het sy prokureurs opdrag gegee om hulle tot die hof te wend indien die Abbotsdale-rugbyklub nie sy skorsing en die uitspraak van die appèlsaak aanvaar nie.

Abbotsdale het ook ’n hooggeregshof-interdik bekom om te keer dat die Top-12-toernooi Saterdag afskop.

Die klub het egter later die belange van klubrugby vooropgestel en daarteen besluit, het die klub in ’n verklaring gesê.

Die BRU het verder gesê klubrugby-geweld is ’n groot kwelpunt, maar die klub sal alles in sy vermoë doen om sulke gedrag te stuit. . Twee kragmetings in die Boland-Top-12-kompetisie sou Saterdag op SABC Sport uitgesaai word.

Die uitsaaidiensverskaffer het egter nie sy ooreenkoms­voorwaardes nagekom nie, en nie een van die wedstryde in Malmesbury en Caledon is uitgesaai nie.

Boland-rugby het pogings aangewend om wel die wedstryde op laat kennisgewing deur “live streaming” uit te kry.

Boland-rugby onderneem om hierdie aangeleentheid dringend te takel en vir volgende week se wedstryde, sowel as die res van die Boland-Top-12, reg te stel.

Die Boland-Top-12-bepalings vir die tweede ronde hierdie Saterdag (29 Oktober) is:. 16:00 A St. Helenabaai (tuis) t. Hawston. 16:00 A Wesbank (tuis) t. Citrusdal. 16:00 A Roses United (tuis) t. Rangers Robertson. 16:00 B Darling (tuis) t. Caledon. 16:00 B Montagu (tuis) t. Saldanhabaai. 14:00 B Delicious NW (tuis) t. Bella Vista

You need to be Logged In to leave a comment.