’n Vyftienjarige meisie van Paarl-Oos is aangekla van moord nadat sy na bewering ’n man met ’n skerp voorwerp gesteek het en hy later in die hospitaal aan sy wonde beswyk het.
Volgens kapt. Anthony Sauls, ’n woordvoerder vir die Paarl-Oos-polisie, het die voorval Sondag 10 Desember kort ná middernag in Kolbestraat afgespeel.
“ ’n Ondersoek is na die moord gelas. Op hierdie tydstip is dit nog nie duidelik wat presies gebeur het nie en hoekom die meisie glo die slagoffer gesteek het nie.”
Die tienermeisie is kort nadat die slagoffer gesterf het, in hegtenis geneem. Sy het sedertdien in die Paarl-landdroshof verskyn.
Sauls het bevestig dat sy uit is op borgtog en dat haar volgende hofverskyning geskeduleer is vir 1 Maart 2024.. A 15-year-old girl from Paarl-East was charged with murder after she apparently stabbed a man with a sharp object, and he later succumbed to his injuries in hospital.


