Jou testament is deel van jou finansiële plan om belangrike besluite oor mediese sorg uiteen te sit, vir wanneer jy nie in staat is om jou wense te kommunikeer nie.
Wat is die gevolge as jy nie ’n geldige testament het nie?
Jy verbeur die geleentheid om te besluit wie moet erf.
Jou boedel sal volgens die reëls van intestate erfopvolging verdeel word, wat geen waarborg bied dat jou bates volgens jou wense verdeel sal word nie.
Indien jy nie getroud is nie, moet jy voorsiening maak vir jou lewensmaat. Boonop kan die intestate verdeling kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting tot gevolg hê, wat vermy kon gewees het met ’n weldeurdagte testament.
Suid-Afrikaners het die voorreg om ’n testament op te stel, en hoewel “testeervryheid” (vryheid van erflating) nie onbeperk is nie, glo ons by PSG dat elke persoon ook die verantwoordelikheid het om ’n geldige testament te laat opstel.
Waarom moet jy ’n geldige testament opstel?
Die opstel van ’n testament gaan oor die beheer van jou boedel en die versorging van diegene wat jy agterlaat. Deur ’n geldige testament in plek te kry, vermy jy onbedoelde gevolge ná jou dood. Jy besluit hoe jou boedel verdeel moet word. As jy sonder ’n testament sterf, is daar geen waarborg dat jou wense uitgevoer sal word nie.
Daarom is dit uiters belangrik dat dit korrek opgestel word en uitvoerbaar is sodat die eksekuteur van jou boedel weet wie jou bates moet erf.
Dit is nie maklik om te praat oor en te beplan vir die dood nie. Dit kan intimiderend en ontstellend wees, maar dit is iets waaraan jy prioriteit moet gee ter wille van jou geliefdes. Die dood is onvermydelik, maar die wete dat jy ’n geldige testament in plek het, sal jou geliefdes gemoedsrus gee, want hulle sal ’n duidelike gids hê oor die hantering van jou bates ná jou afsterwe.
’n Geldige testament hou ook baie ander voordele in. Een van die beste maniere om minderjarige kinders of bejaardes te beskerm, is deur ’n testamentêre trust. Hierdie trust tree eers in werking wanneer jy sterf en vorm deel van jou testament. Jy kan die trustees benoem wat jy wil aanstel om na die kinders of bejaardes se daaglikse behoeftes om te sien en hul geldsake te bestuur. ’n Testament kan ook volwasse kinders beskerm in die geval van egskeiding of insolvensie, mits die testament korrek opgestel is.
Deur ’n eksekuteur in die testament te benoem, besluit jy wie verantwoordelik sal wees vir die administrasie van jou boedel en kan jy nou reeds ’n billike fooi onderhandel. Die Meester van die hooggeregshof besluit oor en stel die eksekuteur aan. Aangesien die eksekuteur die grootste rol speel in die administrasie van jou boedel, moet jy seker maak dat jy iemand benoem wat eerlik, betroubaar en georganiseerd is (nie noodwendig ’n familielid nie, gegewe die verskillende wette en reëls wat geld).
’n Geldige en uitvoerbare testament vorm ook deel van boedelbeplanning omdat dit moontlike kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting kan beperk, maar dit is belangrik dat ’n testament so gou as moontlik opgestel en gereeld hersien word.
’n Geldige testament gee jou ook dié geleentheid.. Jac van der Spuy, PSG Wealth Cecilia Square, jac@psg.co.za, Sel: 082 569 2300.
Die inligting in hierdie artikel is algemene inligting. Dit is nie finansiële, belasting-, regs- of beleggingsadvies nie en die maatskappye in die PSG Konsult Groep waarborg nie die geskiktheid of potensiële waarde daarvan nie.
PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ’n gemagtigde finansiëlediensverskaffer (FDV 728).