Tersius van Tonder (11), ’n leerder van Laerskool Noord-Eind, het Saterdag 6 Julie aan die Klein Karoo-motorsportkampioenskap in Oudtshoorn deelgeneem. Hy het in die volwasse Stockrod-klas (sedanmotors met net die romp met ’n rolhok, enjin en wiele) gejaag en sy afdeling as jaer van die dag gewen.