By die jaarlikse Seeff-Courtrai-tennistoernooi het Laerskool Courtrai se o.13A-spanne bronsmedaljes gewen. Wesbank, van Oudtshoorn, is as wenners gekroon met Laerskool Paarl Gimnasium wat die silwermedaljes weggeraap het. Die trotse tennisspelers van Laerskool Courtrai is Isabella Corbett, Tineke Louw, Minke Verreynne, Anri Claassen, Andreas Steyn, Emile van der Berg, Dian van der Westhuizen en David Keuler.