Laerskool Paarl Gimnasium se o.11A- en 13A-tennisspan het onlangs aan die Eikestad-dubbelstoernooi deelgeneem. Die o.13-span het derde geëindig en die o.11-span het goud gewen. Agter is die o.13’s, Rouxné Pentz, Kian Truter, Alette Stofberg, Johann van der Merwe, Willem Matthee, LD Nel, Marli van Lierop en Anne Stofberg. Voor is die o.11’s, Isobel Krohn, Kirsten Nieuwoudt, Simone van der Merwe, Catharina Mouton, Nelius Swart, Dirk Hugo, Alanda Rademeyer en Wynand Gouws.