Die o.15-tennisspan van die Hoër Jongenskool Paarl was omtrent in hul noppies toe hulle die Springbokke en hul rugbyhelde Sondag (6 Augustus) op die Kaapstad Internasionale Lughawe raakgeloop het. Die span van die Paarl was onderweg na die Sun City Vacation Club se High School-tennistoernooi. Bo is van die seuns saam met Siya Kolisi. Agter is Samuel Lang en Grant van der Merwe. In die middel is Kahl Paul en Roald Coetzee. Voor is Rial de Wet en Ruben Cilliers.