Ek vind dit baie vreemd dat die regering die leerders einde verlede maand ’n week vakansie gegee het, hoewel dié week of selfs volgende week gepas sou wees vir ’n vakansie.
Ná twee jaar se onderbroke onderrig kan ons leerders nie bekostig om so baie by die huis te sit met tyd op hande wat hulle eerder in ’n klas kon gebruik het nie.
Ja, ons verstaan hulle is ook moeg en gefrustreerd, boonop is dit ’n groot aanpassing om terug te wees, maar ons moet inhaal wat verlore is.
Die kinders kan dalk dink dat dit vir die snaaksigheid is, maar die werklikheid is dat soveel tyd deur die pandemie gemors is. Ons kan nie nog tyd vir opvoeding mors nie.
Ek hoop in my hart kinders gebruik die paar dae wat hulle nou afkry om ten minste ’n bietjie met hul boeke te sit.
Op die ou einde – as die kinders swak vaar – word vrae vir onderwysers gevra. So, bring ’n bietjie tyd in daai boeke deur en maak die taak van onderwysers ligter.
Onderwysers trek swaar. Dis baie moeilik, maar ons moet saamwerk.