Die 16 dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders begin amptelik môre.
Daar is verskeie aktiwiteite wat oor die volgende twee weke in Drakenstein deur die polisie gehou sal word om bewusmaking rondom geslagsgebaseerde geweld te kweek.
Inwoners kan die volgende geleenthede ondersteun:
Vrydag 25 November:
. Paarl-polisie hou ’n optog deur die strate van die middedorp in die Paarl.
. Mbekweni-polisie se optog deur die strate van Mbekweni word gehou in samewerking met Ilitha Labantu, Spiritual Crime Prevention, die departement van maatskaplike ontwikkeling, Mbekweni Jeugsentrum, Score, Be Part, die brandweer, verkeersdepartement en wetstoepassing. Die geleentheid begin om 10:00 van die Shoprite-winkelsentrum in Mbekweni.
. Wellington-polisie se optog begin om 10:00 by die Colibri-saal tot by Breakthru Ministries.
. Franschhoek-polisie hou ’n bewusmakingsveldtog by die ingang van die polisiekantoor tussen 10:00 en 12:00.
Saterdag 26 November:
. Die Paarl-Oos-polisie en gemeenskapspolisiëringsforum, Mosaic, buurtwagte en die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit hou om 08:00 ’n plakkaatbetoging by die Evangelies Lutherse kerk op die hoek van Lantana- en Pointsettiastraat in Paarl-Oos. Daar is ’n lys van aktiwiteite en ook verskeie sprekers wat sal praat. Sondag (27 November) om 10:00 sal daar ook ’n erediens wees by dieselfde kerk. Die tema van dié tweedaagse geleentheid is “Verenig aktivisme om geweld teen vroue en meisies te beëindig. Verbreek die stilte oor seksuele misdrywe”.
Woensdag 30 November
. Wellington-polisie in samewerking met verskeie rolspelers hou ook op 30 November om 10:00 ’n samekoms met al die senior burger-klubs van Wellington by die VGK Bergrivier. Die dag word gelei deur Klaas Morkel en sy span.
. Franschhoek-polisie hou op 30 November ’n misdaadbewusmakingsveldtog en sal ook ’n mobiele gemeenskapsdienssentrum by die Pick n Pay-winkelsentrum in Franschhoek tussen 12:00 en 14:00 open. Vir navrae bel sers. Marize Mentoor by 082 443 9769.
Donderdag 1 Desember:
. Paarl-Oos-polisie hou by hul kantoor ’n ope dag van 09:00 tot 14:00. Die gemeenskap word uitgenooi om die verrigtinge by te woon.
Saterdag 10 Desember:
. Franschhoek-polisie doen bewusmaking rondom huishoudelike en seksuele oortredinge by die Lord Ace-kerk vanaf 10:00.
- The 16 Days of Activism for no Violence against Women and Children officially kicks off tomorrow.There are several events to raise awareness about gender-based violence in the Drakenstein Valley that will be held by local police over the next two weeks

