Talle klagtes teen Wes-Kaapse onnies

Altesaam 1 059 klagtes van wangedrag is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar teen onderwysers in die Wes-Kaap aangeteken.


Altesaam 1 059 klagtes van wangedrag is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar teen onderwysers in die Wes-Kaap aangeteken.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het die inligting onlangs in sy jaarverslag bekendgemaak.

Die klagtes sluit onder meer in die seksuele aanranding van ’n leerder waarvoor 13 onderwysers in onderskeie voorvalle verhoor is; onbehoorlike, skandelike en onaanvaarbare gedrag waarvoor 50 onderwysers verhoor is; en aanranding, poging tot aanranding of dreigemente waarvoor 162 onderwysers verhoor is.

Altesaam 308 verhore wat spruit uit die 1 059 klagtes is tydens dié boekjaar afgehandel.

Van die verhore wat afgehandel is, het 17 aanklagte uitgeloop op onskuldige bevindings en 14 klagtes is teruggetrek. Daarbenewens is 230 finale geskrewe waarskuwings uitgereik en 158 boetes en 36 skorsing sonder ’n salaris is aan skuldige partye opgelê.

Dit is egter nie duidelik na spesifiek watter wangedrag-klagtes in die afgehandelde verhore verwys word nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.