Die Groot Drakenstein-polisie het verlede naweek verskeie mense saam met die Boland-honde-eenheid en veiligheidsmaatskappye in hegtenis geneem. Sers. Charlene Pietersen, ’n woordvoerder vir die Groot Drakenstein-polisie, sê hulle het verskeie lasbriewe in hul polisiëringsgebied uitgevoer. Tydens die uitvoering van een lasbrief in Disastraat in Lanquedoc het die polisie ’n speelgoedvuurwapen gekry. Die speelgoedvuurwapen kan mense seermaak en maak ook ’n harde geluid. Die 45-jarige man is ’n buitelander en is in hegtenis geneem. Hy het verlede Maandagoggend (12 September) in die Franschhoek-landdroshof verskyn. Die beamptes het ook twee mans weens die besit van dwelms in Kylemore in hegtenis geneem. Hulle is met 16 sakkies tik en ’n halwe Mandrax-tablet betrap. Die twee verdagtes het ook op 12 September in die Stellenbosch-landdroshof verskyn en is vrygelaat vir ’n volgende hofdatum.
“Hulle is vrygelaat want die dwelms is weggestuur vir toetse by die laboratorium,” voeg Pietersen by.. This past weekend, Great Drakenstein Police together with the Boland dog unit and security companies made several arrests.


