Brand bestryders is hier te sien tussen die puin van die Magnolia brand vroeg op Kersdag..

Drakenstein Farm Watch

Kersfees was vanjaar weer vir verskeie families in die
Drakenstein-vallei ‘n donker feestyd nadat hulle lewens deur brande verwoes is.

Die eerste brand wat verwoesting gesaai het, het in die vroeë
oggendure van Kersdag plaasgevind in Magnolia, Paarl-Oos. Die brand het
ontstaan tussen informele wonings naby die Magnolia-woonstelle. Die vlamme het
vinnig tussen die wonings versprei en verskeie wonings is in puin gelê. Beide die
Drakenstein-brandweer en vrywilliger brand bestryders van die Drakenstein-plaaswag
(DFW) was vinnig op die toneel om die brand te bestry.

Niemand is ernstig beseer nie, maar verskeie mense is deur nooddiens
personeel behandeling vir rook in asemhaling.

En skaars 24 uur later in die vroeë oggendure van 26
Desember, is twee mense ernstig beseer toe ‘n brand ontstaan het in die vervalle
plaaswerkers woning waarin hulle gewoon het. Die voorval het plaasgevind by die
kampong bekend as New Beginnings op die Keerweerderpad.

Jeffrey Jacobs wat oorkant die slagoffers woon, het gesê dat
die brand omstreeks 01:45 ontstaan het. Inwoners het toe wakker geword met die
gegil van hul bure wie se huis ook aan die brand geraak het. Jacobs sê dat toe
hy uit sy woning kom toe sien hy ‘n erg beseerde Mary-Anne Conradie en Willie
Jafta uit die brande huis strompel.

Die DFW was vinnig op die toneel en hulle lede het noodhulp
toegedien op die beseerdes. Conradie en Jafta is in ‘n ernstige toestand na
Paarl-hospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die brande is onbekend.

You need to be Logged In to leave a comment.