Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het ‘n gedeelte van die R301 van enkel- na dubbelbaan opgegradeer, met verbeterde stormwaterstelsels en toegangspaaie. Die projek beloop R214,8 miljoen en het 241 werksgeleenthede…
‘n Veldbrand langs die Drakenstein-gevangenis word steeds deur brandbestryders geblus, ten spyte van uitdagende omstandighede.
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit asook die Drakenstein-munisipaliteit se brandweer is ontbied na ‘n veldbrand langs die R301, wat deur sterk wind en digte plantegroei bemoeilik word. Geen strukture is geraak nie.