Die Wes-Kaapse departement van mobiliteit het kommer oor swaar voertuie wat op Bainskloofpas vasgeval het, wat verkeersprobleme en veiligheidsrisiko’s veroorsaak. Vergaderings oor oplossings het reeds plaasgevind.
Gesprekke tussen die Drakenstein- en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteite en die Wes-Kaapse regering duur voort oor moontlike oplossings om vragmotors op Bainskloofpas te verbied.
Die Drakenstein-munisipaliteit het besluit om ‘n skrywe te rig aan die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit oor die Bainskloofpas se misbruik deur vragmotors, nadat die munisipaliteit ‘n aanvanklike mosie hieroor verwerp het.