Die brandweerdiens is een van die belangrikste en mees gevaarlike beroepe, en ongelukkig besef ons dit nie aldag nie. Die mense van die brandweerdiens stel hul eie lewe in gevaar om brande ten alle koste te bestry. Die afgelope paar maande was brandweerdienste reg oor die gebied byna 24/7 in die spervuur om verwoestende brande oral in die Boland te bestry. Om hul waardering vir hierdie manne en vroue te toon, het Paarl 44 Tafelronde onlangs water, Powerade en Bar-One-sjokolade aan Drakenstein-brandweer in die Paarl geskenk sodat hulle gehidreer kan bly en energie kan opbou om die vure te blus. Bo is Elroy Solomon, Rigardt Esterhuizen, Stephen van Niekerk en Francois Williams.