Leonore Wessels is aangewys as Laer Meisieskool La Rochelle se Afrikaans-duxleerder van 2020. Leonore het ook die volgende pryse gewen: Beste prestasie in Afrikaans (huistaal), Engels (EAT), sosiale wetenskappe, ekonomiese en bestuurswetenskappe, tegnologie, lewensoriëntering en skeppende kunste. Sy het ook die tweetaligheidstrofee ontvang.