Wiehan Wessels (12), ’n gr. 7-leerder aan die Laerskool Noordeind, het Saterdag die Wes-Kaapse atletiek-kampioenskap vir laerskole se o.13- seuns-spiesgooi met ’n afstand van 40 m gewen. Hiermee dring Wiehan deur na die SA’s wat die komende vakansie in Limpopo plaasvind. Wiehan benodig hiervoor ’n stewige finansiële bydrae. Enigiemand wat kan help kan sy ma by 065 396 2906 bel.


Sy spies klief die lug

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article