’n Graad 6-onderwyser by die Laer Meisieskool La Rochelle is kies as ’n netbalskeidsregter vir die nasionale All Ages-netbaltoernooi wat einde Junie in Gauteng plaasvind.

Taryn Harmse sê hoewel sy ’n gegradueerde Suid-Afrikaanse Skole- netbalskeidsregter is, sal sy die Wes-Kaap verteenwoordig by die opkomende toernooi.

“Dit is vir my ’n eer om weer eens op hierdie vlak as skeidsregter op te tree. Hierdie sal my derde keer wees. Ek het in 2016 en 2017 by die Winter Games as skeidsregter opgetree, waar ek Gauteng se skole-netbal verteenwoordig het.”

Harmse is dankbaar en bly dat sy weer eens die geleentheid gebied is om met skole-netbal op hierdie vlak te werk. Sy sê hoewel sy baie opgewonde is, gaan die geleentheid vir haar meer oor die bydrae wat sy kan lewer tot die ontwikkeling van netbal op voetsoolvlak.

In die klaskamer is sy ook ’n toegewyde onderwyser wat haar leerders help om goed te presteer. Die 28-jarige sê haar eerste liefde en passie is wiskunde. Sy het reeds 10 jaar ervaring in die onderrig van hierdie vak vir intermediêre en senior fase.

“By Klein Larries het ons hierdie jaar ons fokus geplaas op kodering en rekenaarvaardighede. Ek het my hand opgesteek vir die uitdaging en gee tans rekenaarvaardighede vir graad 1 tot 7. Ek gee ook EBW vir graad 7, sowel as Engels Eerste Addisionele Taal vir graad 6 en 7.”

Wanneer dit by sport kom, pak Harmse die taak as die skool se netbal- en atletiekorganiseerder met liefde en passie aan. Atletiek begin reeds vroeg in die jaar, so leerders ontmoet haar op die sportveld wanneer die skole pas begin het.

“Dit is vir my baie belangrik om ’n liefde vir sport by elke meisie te kweek. Ek wil graag deur sport vir hulle uithouvermoë, leierskap, verantwoordelikheid, respek en geduld aanleer.”

Harmse voeg by sy voel dat skolenetbal nie altyd die erkenning kry wat ander sportkodes in die land kry nie. “As iets soos die All Ages-toernooi die platform kan skep vir jong spelers om raakgesien te word is dit vir my ’n eer om deel te wees van die span wat so iets moontlik maak.”

. A Grade 6 teacher at La Rochelle Girls’ Primary School has been selected as a netball umpire for the national All Ages netball tournament which will take place in Gauteng at the end of June.

You need to be Logged In to leave a comment.