Hoër Meisieskool La Rochelle het onlangs puik in die Swellendam-aflos-swembyeenkoms presteer. La Rochelle is as die algehele wenner van die meisiesafdeling gekroon. Die o.14- en o.15-span het goud in die 4×100 m-aflos en die wisselaflos behaal. Die o.17-span het goud in die 4×100 m en silwer in wisselaflos gekry. Adrienne Gallop, Jody James, Cassandra Malgas en Milan Horn van die o.15-aflosspan is baie trots op hul prestasies.