Hoër Meisieskool La Rochelle het onlangs puik in die Swellendam-aflos-swembyeenkoms presteer. La Rochelle is as die algehele wenner van die meisiesafdeling gekroon. Die o.14- en o.15-span het goud in die 4×100 m-aflos en die wisselaflos behaal. Die o.17-span het goud in die 4×100 m en silwer in wisselaflos gekry. Adrienne Gallop, Jody James, Cassandra Malgas en Milan Horn van die o.15-aflosspan is baie trots op hul prestasies.
Swemmers skitter
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.