Die Paarl Aquarius-swemklub het van 7 tot 9 Oktober aan die Freda Barnard-gala deelgeneem. Die span het algeheel 10de geëindig. Die span het altesaam 13 goue, agt silwer- en 12 bronsmedaljes gewen. Al die swemmers het hul persoonlike beste tye in meer as een item verbeter. Agter van links is Isaac Kock (afrigter), Zhaen Naudé, Kailen Kotze, Anne Sabbagha, Anika Hugo en Dieter Naudé. Middelste ry: Nikah Solomons, Jazmin Anthony, Cearin Booysen, Lee Cleophas, Amaru Lewis, Aneeqah Engelbrecht en Londyn Samuels. Voor: Jayden Williams, Liam Rheeder, Kyle Cleophas, Georgia Sabbagha en Arden Kotze. Verdere prestasies sluit in Anika Hugo wat tweede in die senior afdeling was, en Arden Kotze wat sewende in die junior afdeling was. Die ander toppresteerders was Jayden Williams (agtste) en Kailen Kotze (negende).