Hugenote Laerskool het onlangs sy jaarlikse interhuis-swemgala gehou. Die swemmers het talle rekords saam met die water laat spat. Ulrich van der Westhuizen en Jaco van Zyl het die victor ludorum-trofee gedeel terwyl Amalie du Plessis as die victrix ludorum aangewys is.