Die Winelands Masters-swemklub het onlangs sporttoerusting uit die opbrengste van hul jaarlikse swemdag-projek vir liefdadigheid aangekoop en dit aan Dal Josafat Primêr geskenk. Agter van links staan Rencia Abrahams (onderwyser), Brendan-Leigh Bell, Jo-Earl Pietersen, Zimry Geswint, Edgar Lewis (Winelands Masters), Adam Fortuin (skoolhoof) en Piet Burger (Winelands Masters). Voor sit Jonathan Mouton en Dante Mohali.